top of page

Ons Storie...

  • Jenny
  • Jan 4, 2015
  • 4 min read

Verlowing1.jpg

Op skool het ons net van mekaar geweet, maar nooit eers die gedagte gehad van 'n moontlikheid dat ons padjies eendag sou kruis nie...

Jenny het na skool dadelik die beroepsveld ingetree, terwyl Armant as 'n Puk gaan studeer het, baie het intussen gebeur, albei het mondig geword en die grootmens wêreld betree...

November 2010, het Armant weer teruggekeer na sy tuisdorp Frankfort... nadat hy vir 'n jaar in die USA gaan werk het na die Puk, min het die twee geweet wat op die horison lê en wag...

Op sy eerste dag by die nuwe werk het ons in die kantoor gang van die direkteure amper kop aan kop inmekaar vasgeloop, dit was baie snaaks, omdat ek hom geken het van skool af was dit baie lagwekkend...en ja...dis waar alles begin het... :-)

Dit was nie altyd maklik met hom in dieselfde omtrek nie, want hy kan nogal 'n handvol raak, die wat hom ken sal verstaan wat ek bedoel... maar ek moet bieg hy het my aandag getrek...soms moes ek myself regruk nadat ek skielik uit my maag uit vir hom gelag het, ek moes alles in my vermoë doen om gewerk te kry, dit was nogal onmoontlik om hom te vermy...en hy het dit reggekry en my gevlei..., later kon ek nie ophou wonder wat Armant vandag met die verfkwas gaan doen nie...!

En toe die 'koffie date' sms...

Die eerste piekniek date met 'n koffie flessie langs die rivier het gelei tot nog 'n koffie date...

Die piekniek in die middel van die rugby veld..., net ons twee, 'n flessie koffie en die maan wat vir ons loer... dis daar waar hy my gevra het om sy meisie te wees...dit het verander in 'n vergeet-my-nooit-beste piekniek date onder die sterrehemel...!

Van toe af het ons 'n pad saam begin stap en liefgeraak vir mekaar, ons was elke dag bymekaar, nooit moeg geraak vir mekaar nie, altyd tyd gemaak en 'n skouer gehad om op te huil wanneer dinge moeilik geraak het en dis steeds lekker om te weet ons is daar vir mekaar deur dik en dun... 'n paar trappe misgetrap waaruit ons liefde net nog sterker en nader aan mekaar gegroei het...ons was twee onvolmaakte mense wat geweier het om optegee op mekaar... ons stap in geloof, hoop, liefde, en die mooiste hiervan is die liefde..

Ons het ook in ons christelike lewe saam gegroei en steeds groei ons elke dag nader aan God en ons doel om ons volle potensiaal te bereik. Ons het aangesluit by AGS Emmaneul, waar ons vandag nogsteeds die Here loof en prys, ons het ons harte vir die Here gegee en ons saam laat grootdoop. Ons wil net vir Hom leef en Hom eerste stel bo alles.

Drie en 'n halwe jaar het aangestap waar ons mekaar beter leer ken het, ons liefde sterker gegroei het en geweet het, ons hoort bymekaar, ek het geweet dat hy my een of ander tyd die grootvraag gaan vra, maar regtig nooit geweet dat hy my in Namibie gaan vra nie.....

Dis toe ons vir 'n vakansie Namibie toe vertrek het in Julie '14 en ek die land verken het waarin hy grootgeword het, ek het dadelik lief geraak vir die mense en lewe daar, dit was 'n nuwe ervaring en almal daar het 'n groot indruk geskep, asook die land...en ek het besef hoe baie daar nog is wat ons van mekaar kan leer, ek het so baie dinge beter verstaan en hoekom hy so lief is vir Namibie, die bosveld en ander kleindingetjies...'n heeltmal anderkant van Armant ontdek...

Dit was op die plaas Maguams, die 2de Julie '14, waar ons besig was om vleis te bewerk, toe Armant my so stilletjies kom verlos het daarvan...min het ek geweet wat sy plan was... Ek onthou nog hoe ek hom amper betrap het met die ring en hy gou aan iets moes dink om nie sy plan te belemmer nie, dit was lagwekkend snaaks wat hy kwyt geraak het...maar dis ons geheimpie...he he

Hy vat toe my hand en ons loop die berg op uit, daar bo met die pragtige asemrowende uitsig van die valei en hoë bergkranse begin ons te gesels van die lewe en mense daar wat sout van die aarde is, hoe hulle so tervrede en gelukkig is,...ons tipe mense... ek praat toe so in sy kraal en sê toe vir hom dat ek 'n pad saam hom sal stap, waar hy gaan, sal ek gaan...maar nog voor ek my sin kon klaarmaak hou hy die ring voor my....woordloos, uit die veld geslaan! met die son wat so perfek oor die diamante skyn, ek was soo verras, ek het niks verwag nie!! Hy vra toe die groot vraag en ek sê'Ja, ek sal met jou Trou'!! DIt was die kosbaarste oomblik ooit en een wat ek vir altyd in my hart sal koester...

So dis waar dit alles begin het... en vandag nog laat hy my lag en lag ons lekker saam, groei ons sterker meer en meer en dis nog net die begin van 'n splinternuwe toekoms wat vir ons wag....alles in God se plan...vir ons om nog te ontdek... Ons is dankbaar dat God ons op mekaar se pad gebring het... asook vir al Sy seëninge, liefde, genade en guns...

Daar is nog baie waarna ons kan uitsien wat op ons toekoms-horison vir ons lê en wag!

Ons is baie opgewonde oor die 11de April '15, waar ons die mooiste belofde aan mekaar sal maak en ons harte een sal word...

Hoop om julle daar te sien!

***


 
 
 

Commentaires


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

© selfgemaak deur Jenny

bottom of page